Gary Cooper

Gary Cooper (geb. Frank James Cooper; 7 Mei 1901 – 13 Mei 1961) was ’n Amerikaanse rolprentakteur. Hy was bekend vir sy stemmige, onverstoorbare styl en het sukses in verskeie genres behaal, waaronder die Wilde Weste (High Noon), misdaad (City Streets), komedie (Mr. Deeds Goes to Town) en drama (The Pride of the Yankees). Sy loopbaan het gestrek van 1925 tot net voor sy dood in 1961 en sluit in meer as honderd rolprente. Hy is vyf keer vir ’n Oscar vir beste akteur benoem en het twee daarvan gewen. Hy het ook op die 33ste Oscar-toekenningsaand in 1961 ’n ereprys ontvang.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search